Jason Rohde se aansoek om verlof tot appèl misluk

Die Konstitusionele Hof het Jason Rohde, wat aan die moord op sy vrou skuldig bevind is, se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Dit was Rohde se laaste poging om sy naam skoon te kry oor die moord op sy vrou, Susan, in 2016. Die land se hoogste hof het besluit sy appèl het geen praktiese kans op sukses nie. Rohde het sy vonnis van 15 jaar verlede maand begin uitdien.