WB ’23: Jones sê Bokke is oud

Die afrigter van Engeland, Eddie Jones, wonder of die kern van die Springbokspan verby hul beste jare gaan wees vir die Wêreldbeker in 2023. Jones erken die Springbokke is uitstekend, aangesien hulle in die bestek van twee jaar die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland en ook die toer teen die Leeus gewen het. In ‘n potgooi-onderhoud met Full Contact, het Jones gesê baie van die huidige Springbokke is egter in hul 30ger jare. Daar sal nog gesien moet word of hulle vir nog twee jaar kan volhou.