Afrika, klimaat en BBP-invloed…

Die Britse noodlenigings-agentskap, Christian Aid, waarsku as Afrika-lande nie hulle klimaatbeleid in lyn bring met die Parys-verdrag nie, kán Afrika se ekonomiese groei deur klimaat-skokke lamgelê word. Dit sal nóg miljoene mense op die vasteland in armoede dompel. Luidens die agentskap se verslag kan Afrika tot 64 persent van sy bruto binnelandse produk teen 2100 weens klimaat-verandering verloor, indien die vasteland steeds gebuk sou gaan onder die Weste se klimaat-befondsingstekorte. Afrika bly kwesbaar weens die toenemende bedreiging wat aardverwarming inhou.