Nersa weier Eskom veeljarige inkomste

Die buurland se energie-reguleerder, Nersa, het Eskom se jongste aansoek vir veeljarige inkomste vir die volgende drie jaar van die hand gewys op die basis dat dit op ‘n uitgediende werkswyse gegrond is. Die reguleerder sê in plaas daarvan sal hy Eskom versoek om ‘n tussentydse aansoek vir die 2022-2023-boekjaar voor te lê. Nersa het ‘n konsultasieproses begin om te help met die ontwikkeling van ‘n nuwe wyse van prysbepaling wat volhoubare elektrisiteitstariewe sal verseker. Hy sê die nuwe benadering tot prysbepaling sal ook die vinnige transformasie van die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor in ag sal neem.