Creecy bekommerd oor toename in renosterstropery op private wildreservate

Die Suid-Afrikaanse minister van omgewingsake, Barbara Creecy, sê sy is bekommerd oor die skielike toename in die voorkoms van renosterstropery op private eiendom. Creecy sê hoewel die getal renosters wat landwyd verlede jaar gestroop is, begin afneem het, het hulle gesien dat sindikate nou private wildreservate begin teiken. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.