Rehoboth-inwoners se mooi Afrikaans op TV-program

Die bekende Suid-Afrikaanse veteraan-aktrise, Sandra Prinsloo, wil hoor hoe mooi praat inwoners van Rehoboth Afrikaans. Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans in die buurland kuier hierdie week op Rehoboth vir Storie-opnames. Dit stigting is ‘n organisasie wat geletterdheid en bemagtiging in gemeenskappe bevorder deur verskeie projekte aan te bied. Met die nuwe reeks Storie-opnames fokus die stigting op die verskillende dialekte van Afrikaans. Die Afrikaans wat in Rehoboth gepraat word, is een episode. Die projek is die breinkind van hul voorsitter, Prinsloo, wat ook die program aanbied. Prinsloo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.