Baba Oosweer die naweek aan die kus, dit kom eers later sê kenner

Die Swakopmund-munisipaliteit sê die kus moet hom die naweek staal vir Oosweer. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende weerkenner in die Suide van die land, George van der Merwe gesels. Hy meen dit sal ‘n matige Oosweer wees, maar dit kom later.