Meatco: Die regering se betrokkenheid wek kommer

Plaaslike berigte lui dat ‘n openbare-privaat vennootskap vir Meatco onder bespreking is. Die kabinet oorweeg tans die maatskappy se herstrukturering en so ‘n vennootskap vorm deel van die gesprek. Die landbouminister Calle Schlettwein stel voor dat 1,7 miljard Namibiese dollar daarin belê word – blykbaar van beide die regering en die privaatsektor. Die plaaslike landboukenner Wallie Roux bevraagteken die reuse-belegging wat Schlettwein voorstel sowel as die sukses van so ‘n vennootskap, veral met die betrokkenheid van die regering.