Australië maak sy grense oop

Australië het vir die eerste keer in byna twee jaar sy internasionale grense oopgestel vir besoekers wat ten volle ingeënt is. Dit is ‘n belangrike mylpaal in die land se Covid-19-herstelplanne. Vroeër is toegang hoofsaaklik beperk tot landsburgers, permanente inwoners en meer onlangs internasionale studente. Die Australiese regering sê besoekers wat ten volle ingeënt is, hoef nie onder kwarantyn te bly nie, maar die res moet twee weke lank op eie onkoste in ‘n hotel in afsondering bly. Reisigers mag alle state besoek, behalwe Wes-Australië wat sy grense eers volgende Donderdag oopstel.