SA se kwotas as gevolg as werkloosheid

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê planne om ‘n wet in te stel wat werkskwotas vir buitelanders bepaal, is belangrik vir Suid-Afrika. ‘n Wet word tans gefinaliseer wat ‘n beperking sal plaas op die aantal buitelanders wat ‘n onderneming in plaaslike besit mag aanstel. Drie ander stukke wetgewing oor immigrasie en vlugtelinge word ook hersien. Motsoaledi sê die skerp styging in werkloosheid het daartoe gelei dat die regering die instelling van kwota-wette wil versnel: