Aussies stel sankies teen Lukashenko in

Australië het sanksies teen president Alexander Lukashenko van Belo-Rusland en lede van sy familie ingestel. Die minister van Buitelandse Sake, Marise Payne, sê Lukashenko is nou ook op die lys van dié wat Rusland en sy weermag tydens die inval in Oekraïne strategies ondersteun het. Sanksies is teen nog 22 Russe ingestel, insluitend senior redakteurs van organisasies soos Russia Today, die Strategiese Kultuurstigting en NewsFront. Payne sê die jongste stappe sit verbete pogings voort om te verseker Rusland en diegene wat die onwettige en ongevraagde inval in Oekraïne steun, betaal ‘n duur prys.