As sekuriteitsmaatskappye hulp vra, sal weermag bystaan

Media in die buurland berig dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag maatskappye bystaan met kontant in transito aflewerings. Dit is as gevolg van ‘n toename in diefstal. Plaaslik was onlangs uitdagings in die verband maar daar is nie so baie gevalle soos in Suid-Afrika nie. Die minister van verdediging, Frans Kapofi het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat bystand moontlik is, sou die nood ontstaan.