Arbeidsministerie bevestig Cheeath Cement is weer oop

Die Namibiese arbeidsministerie het bevestig dat alle bedrywighede by Cheetah Cement net buite Otjiwarongo hervat is. Die arbeidsministerie het op 10 Mei die fabriek gesluit weens die oortreding van arbeidswette in verband met die gesondheid en veiligheid van werknemers. Inspekteurs van die arbeidsministerie het inspeksies op 16 en 20 Mei uitgevoer en is tevrede met die regstellings by die fabriek. Die maatskappy is ‘n gesamentlike onderneming tussen sommige Chinese beleggers en Whale Rock wat handel dryf as Cheetah Cement. Maria Hendimbi van die arbeidsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.