Oudlanddros ‘Rooies’ Mostert vandag in die hof oor sy ontsnapping

Oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert verskyn vanoggend in die landdroshof in Windhoek voor landdros Ivan Gawanab in verband met sy ontsnapping. Mostert het op 6 November verlede jaar vanaf die Auas Hills-hospitaal, waar hy behandeling ontvang het terwyl hy verhoorafwagtend was, ontsnap. Hy is weer op 24 Maart vanjaar in hegtenis geneem by Noordoewer. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy moes vlug omdat daar ‘n poging op sy lewe was.