Arbeidsminister moet verduidelik hoeveel werksverliese Namibië gely het

Namibië wil weer na normaal terug te keer en bedrywe is besig om hulself weer te herstel ná die Covid-pandemie. Nico Smit, die parlementslid van die nasionale opposisieparty, die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering aan Utoni Nujoma, die arbeidsminister, gevra presies hoeveel werksverliese is gely weens die pandemie.