Zuma spreek sy ondersteuners toe

Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma het sy ondersteuners vandag vir die eerste keer toegespreek sedert hy in die gevangenis opgeneem is. Hy is op mediese parool vrygelaat ná sy skuldigbevinding rakende minagting van die hof en vonnis van 15 maande gevangenisstraf. Die Jacob Zuma-stigting het vroeër vandag ‘n gebedsgeleentheid by die People’s Park in eThekwini gehou, sodat ondersteuners die voormalige staatsman tuis kan verwelkom. Zuma hou in ‘n virtuele toespraak vol sy gevangenisstraf was ongrondwetlik.