Andrew kap terug, eis jurie-verhoor

Prins Andrew het amptelik gereageer op Virginia Giuffre se siviele regsgeding oor beweerde seksuele aanranding deur op ‘n jurie-verhoor aan te dring. Die 38-jarige Giuffre beweer die prins het haar seksueel aangerand by die huise van Jeffrey Epstein en Ghislaine Maxwell toe sy nog ‘n tiener was. Andrew ontken die bewerings. Daar word berig die hertog van York erken in ‘n dokument van 11 bladsye dat hy Epstein in 1999 of daar rond ontmoet het, maar ontken dat hy by enige vorm van misbruik saam met die wyle finansier betrokke was. Giuffre se prokureurs sê hulle sien uit om prins Andrew met sy ontkennings te konfronteer.