Madiba se kleinseun erken hy is ‘n vroueslaner

Wyle oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mbuso, het in ‘n video wat die rondte op sosiale media doen, erken dat hy sy meisie mishandel het. Sy het dit egter ontken. Graca Machel se dogter, Josina, wat die video op haar Instagram-rekening gedeel het, sê dit het die familie verpletter, en hulle keur nie geslagsgeweld goed nie. In die video bestempel Mandela homself as ‘n vrouemishandelaar: