ANC soek antwoorde oor Fritz

Die ANC in die Wes-Kaap het ‘n brief aan die provinsiale staande komitee vir gemeenskapsveiligheid geskryf om ‘n dringende sitting te vra ná die skorsing van die LUR Albert Fritz. Premier Alan Winde het die LUR met onmiddellike ingang geskors te midde van bewerings van growwe wangedrag. Volgens media is Fritz geskors omdat hy na bewering jong vroue in sy departement seksueel aangerand het. Die ANC woordvoerder, Mesuli Kama, sê Winde moet die bewerings teen die LUR aan die komitee verduidelik: