Otjozondjupa is gereed vir sprinkane

Die Otjozondjupa-streek is op ‘n gereedheidsgrondslag indien daar enige sprinkaanplae na die goeie reënval gaan uitbreek. Daar is vrese in sommige streke dat die sprinkane gaan terugkeer. Die goewerneur, James Uerikua, sê dat daar nie enige sprinkane op die oomblik in sy streek is nie, maar hulle is gereed.