SA se skole moet beveilig word

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê te min word gedoen om seker maak skole is ‘n veilige hawe vir onderwysers en leerders. Dit volg na die moord op die adjunkhoof van die Phomolong Sekondêre Skool, Thembisile Ngendane. Sy is verlede Vrydag by die hek van die skool in Tembisa, Gauteng, doodgeskiet. Makaneta sê hierdie moord het onderwys beroof van nog ‘n ervare en toegewyde opvoeder wat alles opgeoffer het vir die welsyn van leerders: