ANC in die Kaap moet luister na die jeug

Die DA in die Wes-Kaap sê die ANC in die provinsiale parlement moet luister na die oproep deur sy jeugstrukture. Die provinsiale ANC-jeugliga se woordvoerder, Insaaf Isaacs, vra partylede in wetgewers om ondernemings in staatsbesit aanspreeklik te hou in die lig van die huidige voortslepende kragkrisis wat die land in die gesig staar. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê die ANC het misluk om bevoegde, bekwame en gewillige personeel aan te stel, grootliks as gevolg van sy selfverrykende en uiters vernietigende kaderontplooiingsbeleide: