Rugby: Blitsbokke seëvier oor Kenia

Rugby: Die Blitsbokke het vandag hul Sydney Sewes-veldtog op ‘n positiewe noot begin, met ‘n sege van 31-5 oor Kenia. Die Springbok-sewes het vyf drieë gedruk, met Shilton van Wyk wat ‘n tweekuns bereik het. Hul oorblywende groepswedstryde word môre gespeel, met die Blitsbokke wat teen Uruguay en Nieu-Seeland te staan kom. Die kaptein, Siviwe Soyizwapi, is tevrede met hul begin in Sydney.