Tenders: Was Hage reg om nie betrokke te raak nie? Kenner sê

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur President Hage Geingob dat hy nie kan intree in die kwessie van die omstrede gesondheidstenders nie. Geingob sê daar is geen wetgewing wat hom toelaat nie en hy het nie die bevoegdheid om tenders aan te vra of te evalueer, toekennings te maak en, in omstrede gevalle, die verkrygingsproses te kanselleer nie. Politieke ontleder, dr. Phanuel Kaapama het sy mening oor Geingob se verklaring so verwoord.