ANC bekommerd oor impak op landbou ná DA se standpunt oor Russiese inval

Die ANC in die Wes-Kaap se woordvoerder oor landbou, Pat Marran, waarsku teen die nadelige uitwerking wat die DA se standpunt oor Rusland weens sy inval in Oekraïne op uitvoere kan hê. Hy sê vrugteboere en waterkultuur-sakeondernemings soos boere wat mossels na Rusland uitvoer, kan die meeste verloor. Marran sê die provinsie het 28 keer meer eetbare vrugte na Rusland uitgevoer, vergeleke met Oekraïne. Volgens 2020 se statistieke het landbouprodukte meer as 3,2-miljard rand van Suid-Afrika se uitvoere na Rusland uitgemaak. Produkte ter waarde van slegs 120 miljoen rand is na Oekraïne uitgevoer.