Haaie gaan onder druk wees teen Dragons

Rugby: Die Haaie gaan onder druk wees wanneer hulle vanaand in Durban in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Dragons te staan kom. Nadat hulle verlede week met 21-5 teen Edinburgh verloor het, is baie vrae gevra oor die losskakel Curwin Bosch. Afrigter Sean Everitt staan steeds agter hom en verwys na die speler se skop-statistiek. Die Haaie het ‘n splinternuwe los-trio, met Siya Kolisi wat deur James Venter vervang is, Jeandré Labuschagne wat Henco Venter se plek inneem en Sikhumbuzo Notshe wat plek maak vir Phepsi Buthelezi. Afskoptyd is half-agt.