Amushelelo, Nauyoma nog nie aangekla nie

Die twee lede van die Namibian Economic Freedom Fighters-party, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, sal die naweek agter tralies deurbring. Dit volg na hul arrestasie Vrydag na die chaos by Windhoek se China Town wat Donderdag uitgespeel het. Volgens generaal-majoor Joseph Shikongo, is agt mense in hegtenis geneem, eerste Amushelelo en toe sewe by die protes in China Town. Ses is aangekla, vrygelaat en gewaarsku om in die hof te wees maar, Amushelelo en Nauyoma is nog nie formeel aangekla nie en kon dus nie Vrydag in die hof verskyn nie. Shikongo sê Amushelelo en Nauyoma se klagtes is nog nie gefinaliseer nie.