WP behaal 23-17 oorwinning teen Pumas

Westelike Provinsie het die Pumas gisteraand in die Curriebekerwedstryd in die Mbombela Stadion in Mpumalanga met 23-17 verslaan. Die Kaapse span het daarin geslaag om sy tweede oorwinning in nege wedstryde in die reeks te behaal en hierdie oorwinning weg van die huis beëindig hulle oorwinningsdroogte van sewe agtereenvolgende wedstryde. Die wedstryd het egter die Pumas se hoop om in die uitspeelronde te kan speel gekelder, aangesien hulle in die vyfde plek op die puntelys bly met 20 punte in nege wedstryde. Die WP het die gaping tussen hulle en die Pumas tot net sewe punte laat krimp.