Amta-amptenaar bly in aanhouding

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië het onlangs ‘n amptenaar van die Landboubemarkings- en Handelsagentskap, bekend as AMTA, in hegtenis geneem vir ‘n saak van korrupte praktyke. Die kommissie het ‘n wenk van ‘n fluitjieblaser ontvang teen die 49-jarige amptenaar, James Masule Walupita, wat na bewering AMTA-fondse vir selfverryking verduister het. Walupita het in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Josephine Nghituwamata, die kommissie se skakelbeampte…