Chris Hani Baragwanath-hospitaal stel 870 mediese prosedures in 2022 uit

Die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, sê die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal stel maatreëls in om te verseker mediese prosedures word betyds uitgevoer. Die departement se woordvoerder, Kwara Kekana, sê 870 mediese prosedures is sedert die begin van 2022 uitgestel weens kansellasies, beurtkrag of gesteelde kabels. Kekana sê die hospitaal is besig om ‘n toegewyde kliniese bestuurder aan te stel wat toesig sal hou en doeltreffendheid in die 46 teaters sal verseker.