Wêreld-kameelperddag vandag gevier

Wêreld-kameelperddag word vandag deur die Wêreldkameelperd-stigting herdenk. Die langste dier word gevier op 21 Junie op die langste dag of nag – afhangende van in watter halfrond jy woon. Deur Wêreldkameelperddag te ondersteun, help jy direk om kameelperde in Afrika red met slegs sowat 117 000 kameelperde wat in die natuur op die vasteland oor is. Jackson Hamutenya, ‘n meestersgraadstudent van Nust se Biodiversiteits-navorsingsentrum wat navorsing doen oor kameelperde, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.