Amnestie Internasionaal sê hoë werkloosheid in SA is nie buitelanders se skuld

Amnestie Internasionaal sê politieke leiers moenie buitelandse burgers die skuld gee vir die hoë werkloosheidsyfer in Suid-Afrika nie. Shenilla Mohamed van Amnestie Internasionaal sê dit kan xenofobie in die land aanwakker.

Sy sê dit is die regering se verantwoordelikheid om die veiligheid van buitelandse burgers in die land te verseker.