Meer as 2 000 kankerpasiënte in Gauteng se lewens in gevaar

Die DA in Gauteng sê meer as 2 000 kankerpasiënte se lewens is in gevaar aangesien hulle lank moet wag vir behandeling in openbare hospitale. Die DA-lid Jack Bloom sê die Cancer Alliance en Treatment Action Campaign het hierdie kanker-krisis in November verlede jaar onder die Gautengse LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, se aandag gebring, maar die Gautengse gesondheidsdepartement het nog nie met doeltreffende optrede gereageer nie.