Venaani vra vrylating van opposisieleier van Tanzanië

Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani het ‘n brief aan Cyril Ramaphosa, die Suid-Afrikaanse President en leier van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, asook aan die President van Tanzanië geskryf vir die vrylating van elf lede van die Tanzaniese opposisieparty, Chadema. Venaani het die brief in sy kapasiteit as voorsitter van die Demokratiese Unie van Afrika geskryf. Die voorsitter van Chadema, Freeman Mbowe, en ander partylede is op 21 Julie 2021 in Mwanza in Tanzanië in hegtenis geneem. Venaani se woordvoerder Roberto Dirkse praat met Kosmos 94.1 Nuus.