Amerikaners belet 4 Malawiese amptenare toegang

Vier voormalige amptenare van die Malawi-regering is toegang tot Amerika belet weens hul betrokkenheid by aansienlike korrupsie. Die amptenare sluit in ’n voormalige sekretaris van justisie en die voormalige hoof van die polisie. Die Staatsdepartement sê hulle het hul openbare posisies misbruik deur omkoopgeld en ander waardevolle artikels te aanvaar van ‘n sakepersoon, in ruil vir ‘n staats-polisiekontrak. Malawi se president, Lazarus Chakwera, het in 2022 die hele kabinet ontbind weens aanklagte van korrupsie teen drie ministers.