Amerikaanse Covid reaksie: Fauci sê dit was nie sy besluite nie

Die voormalige hoof van die Amerikaanse instituut vir aansteeklike siektes, dr. Anthony Fauci het gereageer op die jongste verslag wat die regering se reaksie op Covid oorweeg het. Luidens die verslag was daar foute gemaak, te veel geld, ongeveer 5 triljoen Amerikaanse dollar, bestee en die land is steeds nie gereed vir die volgende pandemie nie. Fauci sê mense moet onthou, talle rolspelers was betrokke by die besluite oor hoe Amerika sou reageer op die pandemie. Hy het die so verduidelik.