Meghan se naam nie op Charles se gastelys vir 6 Mei nie

Daar is 2 000 gaste op die kortlys vir koning Charles se kroningsgeleentheid vroeg volgende maand. Berigte dui aan die koning se vervreemde seun, Harry, sal wel teenwoordig wees, maar sy vrou, Meghan, se naam is merkbaar afwesig op die lys. Die geleentheid, in Westminster-abdy in Londen op Saterdag, 6 Mei, sal na verwagting ‘n uithang-geleentheid wees met gaste van regoor die wêreld. Belangrike gaste sluit verskeie presidente en eerste ministers in. Benewens hooggeplaastes, word daar ook verwag dat baie koninklikes dit sal bywoon.