DA doen ‘n beroep vir vrede in Sudan

Die DA doen ‘n beroep op betrokkenes in die konflik in Sudan om hul wapens neer te lê en na die onderhandelingstafel terug te keer. Die party wil ook hê die regering moet sy rol speel in die uitvoering van Suid-Afrika se buitelandse beleid om orde te herstel en die demokratiese prosesse te bevorder om ‘n bestendige regering in Sudan te vestig. Emma Louise Powell van die DA sê die geweld kon versag gewees het as Suid-Afrika in die onlangse verlede beslissend opgetree het in kritieke tye: