Amerika voer hommeltuigaanval in Afghanistan uit

Amerika het ‘n aanval met ‘n hommeltuig teen ‘n vermeende lid van die Islamitiese Staat
uitgevoer wat glo agter die selfmoordbomaanval in Afghanistan by die Kaboel-lughawe
was. Dertien Amerikaanse soldate asook talle Afghaanse burgerlikes is in die aanval
dood. President Joe Biden het beloof diegene wat vir die aanval verantwoordelik is, sal
opgespoor word. Reuters berig ‘n Reaper-hommeltuig het in die Midde-Ooste opgestyg
en die man getref waar hy saam ‘n medelid van die Islamitiese Staat in ‘n motor was.
Albei is glo dood.