Veldbrande kom al hoe meer voor in die land

Veldbrande is besig om in sekere dele van Namibië toe te neem. Die goewerneur van
die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, ‘n beroep op houtskoolprodusente gedoen om
bykomende voorsorgmaatreëls te tref om nie veldbrande te veroorsaak nie. Hy sê
geregistreerde houtskoolprodusente is georganiseerd, maar diegene wat nie
geregistreer is nie, is die oorsaak van veldbrande. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus
gepraat.