Alle oë Vrydag op Orlando Pirates

Sokker: Die Soweto-reuse Orlando Pirates is vasbeslote om die eerste Suid-Afrikaanse wenners van die CAF-konfederasiebeker ooit te word. Hulle pak die klub van Marokko, RS Berkane, Vrydag in die eindstryd in Uyo, Nigerië. Die Buccaneers het in 2015 se eindstryd met die gesamentlike telling van 2-1 teen Etoile du Sahel van Tunisië verloor. SuperSport United het in 2017 met dieselfde telling tekort geskiet teen TP Mazembe van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Vanjaar se afrekening skop Vrydagaand nege-uur af.