Mosambiek verklaar uitbreking van polio

Mosambiek het vandag ‘n uitbreking van polio verklaar nadat die virus in ‘n kind in die noordoostelike Tete-gebied gevind is. Dit is die eerste geval van die polio-virus in die land in byna drie dekades, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die geval, wat die tweede ingevoerde geval van die polio-virus in suidelike Afrika is vanjaar, ná die uitbreking in Malawi in Februarie, is gevind toe die kind teen einde Maart verlamming ervaar het, voglens die WGO.