All Blacks vereer Namibië
Die uitkoms van die Wêreldbeker-wedstryd tussen Namibië en Nieu-Seeland was geen verrassing nie maar, die Welwitschias het met elke kragmeting die respek van die Nieu-Seelanders. Die eindtelling was 71-3. Sosiale media, ook die van die All Blacks, loop oor met kommentaar oor Namibië se passie en die werklike gees van rugby – regverdige spel en wedersydse respek. All Black Cam Roigard, wat as speler van die wedstryd aangewys is, het sy kommentaar oor die wedstryd, en ook senter Le Roux Malan se besering, so verwoord.
En die kaptein van die All Blacks Ardie Savea sê die wen was belangrik vir sy span.