Alinda Lu’Mar opgewonde oor haar ambassadeurspos vir NET Afrikaans

Alinda Lu’Mar, eienaar en stigter van die gewilde sangkompetisie, Voice of Namibia, sê dit is ‘n wonderlike geleentheid vir Namibië dat sy aangewys is as die Namibiese handelsmerk-ambassadeur vir die Afrikaanse betaal-tv-aanlynstromingsplatform, NET Afrikaans. Lu’Mar is ‘n gebore Suid-Afrikaner, maar het grootgeword in Namibië in die Gobabis-omgewing. Sy is ‘n gereelde kunstenaar by groot feeste in Namibië, en het oor die jare al verskeie gesogte toekennings ingepalm in beide die musiek- en skoonheidsbedryf. Sy vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat haar verwagtinge is.