Tsumeb se nuwe leiers aangewys

Tsumeb se nuwe burgemeester is Ndatula Namushinga en sy adjunk is Anmire Garises. Die bestuurkomiteelede is Frans Kamati as die voorsitter en Hilde Pashe en Olga Gaeses. Abraham Baseko en Absalom Uukule is as raadslede verkies. Die nuwe burgemeester sê die jaar 2021 was vol uitdagings met werkloosheid, grondvoorsiening, behuising en gebrek aan geleenthede vir die jeug.