Polisie in Noord-Kaap vier 50ste jaar van vroue in die mag

Die polisie in die Noord-Kaap het sy 50ste jaar van vroue in die mag gevier by ‘n geleentheid in Postmasburg. Die viering is ter erkenning van die uiters belangrike kwessies ten opsigte van geslagsgelykheid en vroueregte in die diens. Adjudant-offisier Meisi Mohibidu, wat 35-jaar in die mag gedien het, was een van die gaste. Die polisiewoordvoerder, Nomvuyo Makoloi, sê Mohibidu het vir die meerderheid van haar jare gedien as die gemeenskap van Postmasburg se maatskaplike misdaad-koördineerder.