Aktivis: Werkloosheid, armoede vererger

Na meer as 33 jaar van onafhanklikheid in Namibië, is dit duidelik dat armoede, ongelykheid en werkloosheid vererger het, wat die jeug se protes teen werkloosheid ontketen het. Armoede is een van die grootste uitdagings wat baie gemeenskappe in Namibië in die gesig staar en die dorp Okahandja in die Otjozondjupa-streek is geen uitsondering nie. Volgens ‘n plaaslike aktivis van die destydse tuindorp, Sydney Gariseb, groei die bevolking van Okahandja en die ekonomiese aktiwiteite neem af, wat mense werkloos op straat laat.