AgriSA beklemtoon belangrikheid van Landbank

AgriSA sê dit is dringend noodsaaklik dat die Landbank weer ‘n stabiele, winsgewende en betroubare instelling word. Dit volg na die bedanking van die uitvoerende hoof, Ayanda Kanana, en Litha Magingxa, wat die hoof van landbou-ekonomie was en as hoof van strategie waargeneem het. Christo van der Rheede van AgriSA sê hy hoop die instelling gee dringend aandag aan sy uitdagings met skuld en likiditeit, aangesien die bank ‘n noodsaaklike rol in die finansiering in die landboubedryf speel. Hy voeg by die Landbank is té groot om ten gronde te laat gaan.