Comalie sal Whk nog drie maande lei, uitdagings met onderhoude vir stadsbaas

Stad Windhoek het Jennifer Comalie se ampstermyn as waarnemende hoof uitvoerende beampte van die stad, met drie maande verleng tot 13 Mei. Daar is blykbaar uitdagings met die onderhoudproses wat onlangs gevolg is om die pos te vul, soos woordvoerder Harold Akwenye verduidelik.