Gogo, 99, terug skooltoe

Priscilla Sitienei, wat môre haar 99ste verjaarsdag herdenk is terug skooltoe, en nogal in volle uniform. Sy is in haar sesde jaar van laerskool by die Leaders Vision Preparatory School in Ndalat in Kenia. Sy sê sy is terug skooltoe om ‘n goeie voorbeeld vir haar agterkleinkinders te stel en ‘n nuwe loopbaan te volg. Sy wil ‘n dokter word omdat sy ‘n vroedvrou was. Sitienei is ook die ster van die rolprent ‘Gogo’ wat ouma beteken en sal New York toe reis vir die bekendstelling van die film. Sy sê sy geniet al die skoolaktiwiteite saam met haar ander agterkleinkinders, insluitend liggaamsopvoeding wat sy meen haar fiks hou. Sy tree soms op as klaskaptein omdat sy wysheid het en die kinders stilhou.